Jacky's

The personal web log of Jacky Carstens

Posted by Unknown |

Het jy al ooit in jou lewe gevoel wanneer dinge vir jou sense maak dan kom iemand en druk 'n stokkie in jou wiel en dan val jy van jou fietsie af en huil jou oe uit. Ek hoop die persoon wat die stok vas gehou het die intelligensie het om tussen die lyne te kan lees wat ek gaan skryf.

Ek was soos die Israeliete wat geswerf het in die woestyn vir 40 jaar en ek het baie versoekings gehad. Ek het afvallig geraak maar dan het ek my oe weer gefokus en in januarie het ek na 'n wonderlike kerk toe gegaan wat vir my so sense gemaak het. Alles was duidelik. Ek het 'n groot liefde ontwikkel vir die mens en die familie verband van die kerk. Die water van die fontein was soet soos stroop. Maar nou is dit tyd om my goed weer te pak en te gaan soek vir 'n ander put. Onthou dat elke aksie in jou lewe 'n reaksie het. Danksy mense wat dink hulle is slim hou mense wat die Here wou ken weg te hou van Hom.

Dink voor jy weer iets doen. Vind eers uit die agtergrond van daardie persoon voor jy weer 'n stok optel en in iemand se wiel sit.

Haal eers die balk uit jou eie oog voor jy die splinter uit jou broer se oog haal.


Subscribe