Sersant Victor van D.F. Malan het my hierdie storie vertel in 1991 op n nagskof. Sy pa was ook in polisie. Ek het altyd sy geselskap geniet en die nagte was altyd kort wanneer ek saam met hom gewerk het. Hy het altyd ‘n storie of twee gehad om te vertel. Sy vader het op ‘n klein dorpie in die karoo gewerk en die plasie sit ver van mekaar af. Jy ry kilometers net om by die klagte uit te kom. So kry Adjudant Victor en twee konstabels ‘n klagte by ‘n plaas in die verre vlaktes die nag. Die drie kom by die woning aan en die gawe tannie nooi die polisiemanne in vir ‘n koppie koffie. Hulle sit in die voorhuis(sitkamer). Die ou tannie is kombuis toe om die koffie te maak. Van waar Adjudant Victor gesit het, kon hy in die spieel gesien het hoe die tannie die koffie maak. Tot sy verbasing haal die tannie haar pram uit en vul die melkbekertjie met vars moedersmelk. “Adjudant wil u melk he?” “Nee, dankie mevrou.” “Konstabel, melk vir jou?” “Dankie tannie, dit sal lekker wees.” Na hulle die vrou se klagte aangehoor het, het hulle gegroet en was weer oppad terug dorp toe. Oppad het die Adjudant vir die twee konstabels vertel van die melk. Het hulle nie katte geskiet.
Nagskofte raak altyd lank as jy 12 ure werk. Ek het myself altyd besig gehou deur patrollies te ry en dan natuurlik na middag vang ‘n mens ‘n slapie net om weer vars te wees vir die res van die werk.
Die een spesifieke nag werk twee senior beamptes. Die een inspekteer het ‘n goeie ideegehad waar die ander een se slaap plek was. So he thy gewag tot dit tyd was om hom skrik te maak.
Hy het saggies met die voertuig in die paatjie afgekom en gestop in die middel van die pad. In die maanlig kon jy die ander polisie voertuig sien. Hy het uitgeklim en saggies die voertuig bekruip. Hy he teen van die groot klappers gehad met ‘n vuurhoutjie boksie.
Hy het homself agter die voertuig geplaas. Hy trek toe die klapper en probeer dit langs die deur van die voertuig gooi, maar die vervlakste ding rol toe reg onder die voertuig in. Die volgende oomblik gaan die klapper af met ‘n slag. Dit klink soos ‘n kanon skoot. Die voertuig beweeg soos ‘n skip in rowwe see heen en weer.
Die senior beampte spring uit met sy spot light en lig die bos in. Die kant toe en dan daardie kant toe. Maar niks kan hy sien nie. Hy kyk toe na die ruit en lig langs die deur en tel klippe op en begin ruik daaraan. Nog heel die kak geskrik.
Die ander senior maak sy verskyning en om nie skuldig te wees nie gooi die ander beampte dat hy die ruit gebreek het. Ja, ja, lekker geslaap ne. Jy moet wakker wees ou maat die boewe sal jou weg dra.
Ek was gestasioneer in Stanford in die vroee neentigs. Daardie tyd was dames nie toegelaat om velddrag te gedra het soos vandag nie. Vuurwapens is in die handsak gedra gewees.
So werk ek die assistant konstabel die vrydag middag buite. Die sersant het straf gekry oor iets en moes binne werk. So stuur hy vir ons toe na die bottelstoor vir ‘n klagte. So arriveer ons by die bottelstoor. Die eerste ding wat ek sien is twee kalante wat baie oproerig is. Die bottelstoor het oorkant die ketting winkel gesit.
Ek gee toe opdrag dat die assistant die een man arresteer en ek die een met die rooi jas. Ek loop na die een met die rooi jas. Ek gryp hom aan die skouer en hy snou my ‘n paar vloekwoorde toe. Ek gryp hom toe stywer vas en hy ruk los. Instunktief gooi ek my handsak soos ‘n slinger vel en tref hom teen die kop. Hy val neer soos ‘n vrot vel en skud sy kop heen en weer. Oeps! Die gun is in my handsak.
Hy was nugter na daardie hou. Hy spring op en hardloop toe weg. Ek het groot geskrik.
Hierdie storie word opgedra aan Mev. Gouws. Altyd daar gewees vir almal. Dankie tannie vir jou glimlag.
So sit ons almal op ‘n stasie vergadering. Al wat leef en beef is daar. So word klagtes tussen die verskillende departemente bespreek. Hier kom een van die bevelvoerders uit met dat daar kakkelakke in die voertuie is. Ja, hak een van speurders af. Hulle het een die golf gesien.
Die een bevelvoerder vertel die vergadering hoe hulle gestaan het by die garage en toe kom die kakkelak ewe verby geloop op die dash. Die tannie by die logistieke afdeling vervies haarself vir die storie en se dat dit belaglik is. Sy en die bevelvoerder raak in ‘n ewige argument betrokke. Die bevelvoerder se dat hulle die voertuig gedoom fogger het en dat dit niks gehelp het nie. Die dame reel toe vir ‘n gif maatskappy en die twee kakkelak voertuie word toe vir 24 uur in ‘n motorhuis gestoor. Dit het die probleem sommer vinnig opgelos.
So ry ek een nagskof met ‘n reserviste konstabel. Ek vertel hom toe hierdie storie van die kakkelak brigade. Hy skaterlag en se dat hy ‘n beter een het vir my. Julle sal nie glo hoe hierdie storie die hele puzzle laat in mekaar pas.
Hy was gepos saam met die een sersant die spesifieke nag. Hulle het ‘n huisbraak gehad om by te woon. By die man se huis het hulle om die tafel gaan sit. Hulle het skaars gesit toe die huis eienaar afhak en se: “Where do you come from?” Hy geen een harde klap op die tafel en se vir sy 6 jarige seuntjie om die doom te gaan haal.
Dit was nie lank nie toe skree die man,”What, not again.?” En slaan weer hard op die tafel. Die reservis vertel my dat hy druk besig was om die verklaring te neem en nie veel gesien het wat aangaan. Hy vertel my dat hy die verklaring net klaar geneem het. Hy wys die huiseienaar waar om te teken en die volgende oomblik sien hy hoe ‘n kakkelak uit die sersant se stukkende leer hardloop oor die tafel.
Toe ek dit hoor toe sit ek twee en twee bymekaar en besef toe dat die sersant elke keer gewerk het voor die ander skof aan diens gekom het. Seker sy troeterdiertjies?
Vir elke jong polisieman is dit ‘n groot dag wanneer jy vir die eerste keer ‘n polisievoertuig
Die oggend kom hy aan diens en is heel in sy skik oor sy magtiging. “Ek het magtiging gekry, ek het magtiging gekry.” Dit word vir almal gese en hy stoot sy bors uit met trots.
“Goed Gharries, jy
Die voertuig staan reg by die ingang van
“Alfa 1 na beheer” roep Gharries oor die lug. Beheer.,”Stuur, Alfa1.”
“O, G$% daar stamp ek hom.” Kliphard oor die lug.
Gharries het die voertuig agteruit gesit in plaas van eerste rat en klim behoorlik daar groen volla op.
Ek glo Gharries was die het die kortste tydperk gehad om magtiging te gehad het.
Jare daarna het ek die voorreg gehad om vir Gharries te ontmoet. Wat ‘n interressante karrakter.
Categories
- Albums (1)
- Beauty Department (2)
- Jacky's Recipes (8)
- Photos (1)
- Police (5)
- Slideshows (1)



