Jacky's

The personal web log of Jacky Carstens

10:17:00 PM

JY MOET LEKKER SLAAP

Posted by Unknown |

Nagskofte raak altyd lank as jy 12 ure werk. Ek het myself altyd besig gehou deur patrollies te ry en dan natuurlik na middag vang ‘n mens ‘n slapie net om weer vars te wees vir die res van die werk.

Die een spesifieke nag werk twee senior beamptes. Die een inspekteer het ‘n goeie ideegehad waar die ander een se slaap plek was. So he thy gewag tot dit tyd was om hom skrik te maak.

Hy het saggies met die voertuig in die paatjie afgekom en gestop in die middel van die pad. In die maanlig kon jy die ander polisie voertuig sien. Hy het uitgeklim en saggies die voertuig bekruip. Hy he teen van die groot klappers gehad met ‘n vuurhoutjie boksie.

Hy het homself agter die voertuig geplaas. Hy trek toe die klapper en probeer dit langs die deur van die voertuig gooi, maar die vervlakste ding rol toe reg onder die voertuig in. Die volgende oomblik gaan die klapper af met ‘n slag. Dit klink soos ‘n kanon skoot. Die voertuig beweeg soos ‘n skip in rowwe see heen en weer.

Die senior beampte spring uit met sy spot light en lig die bos in. Die kant toe en dan daardie kant toe. Maar niks kan hy sien nie. Hy kyk toe na die ruit en lig langs die deur en tel klippe op en begin ruik daaraan. Nog heel die kak geskrik.

Die ander senior maak sy verskyning en om nie skuldig te wees nie gooi die ander beampte dat hy die ruit gebreek het. Ja, ja, lekker geslaap ne. Jy moet wakker wees ou maat die boewe sal jou weg dra.


Subscribe