Jacky's

The personal web log of Jacky Carstens

10:16:00 PM

OEPS!MY HANDSAK

Posted by Unknown |

Ek was gestasioneer in Stanford in die vroee neentigs. Daardie tyd was dames nie toegelaat om velddrag te gedra het soos vandag nie. Vuurwapens is in die handsak gedra gewees.

So werk ek die assistant konstabel die vrydag middag buite. Die sersant het straf gekry oor iets en moes binne werk. So stuur hy vir ons toe na die bottelstoor vir ‘n klagte. So arriveer ons by die bottelstoor. Die eerste ding wat ek sien is twee kalante wat baie oproerig is. Die bottelstoor het oorkant die ketting winkel gesit.

Ek gee toe opdrag dat die assistant die een man arresteer en ek die een met die rooi jas. Ek loop na die een met die rooi jas. Ek gryp hom aan die skouer en hy snou my ‘n paar vloekwoorde toe. Ek gryp hom toe stywer vas en hy ruk los. Instunktief gooi ek my handsak soos ‘n slinger vel en tref hom teen die kop. Hy val neer soos ‘n vrot vel en skud sy kop heen en weer. Oeps! Die gun is in my handsak.

Hy was nugter na daardie hou. Hy spring op en hardloop toe weg. Ek het groot geskrik.


Subscribe