Jacky's

The personal web log of Jacky Carstens

10:15:00 PM

KAKKERLAK BRIGADE

Posted by Unknown |

Hierdie storie word opgedra aan Mev. Gouws. Altyd daar gewees vir almal. Dankie tannie vir jou glimlag.

So sit ons almal op ‘n stasie vergadering. Al wat leef en beef is daar. So word klagtes tussen die verskillende departemente bespreek. Hier kom een van die bevelvoerders uit met dat daar kakkelakke in die voertuie is. Ja, hak een van speurders af. Hulle het een die golf gesien.

Die een bevelvoerder vertel die vergadering hoe hulle gestaan het by die garage en toe kom die kakkelak ewe verby geloop op die dash. Die tannie by die logistieke afdeling vervies haarself vir die storie en se dat dit belaglik is. Sy en die bevelvoerder raak in ‘n ewige argument betrokke. Die bevelvoerder se dat hulle die voertuig gedoom fogger het en dat dit niks gehelp het nie. Die dame reel toe vir ‘n gif maatskappy en die twee kakkelak voertuie word toe vir 24 uur in ‘n motorhuis gestoor. Dit het die probleem sommer vinnig opgelos.

So ry ek een nagskof met ‘n reserviste konstabel. Ek vertel hom toe hierdie storie van die kakkelak brigade. Hy skaterlag en se dat hy ‘n beter een het vir my. Julle sal nie glo hoe hierdie storie die hele puzzle laat in mekaar pas.

Hy was gepos saam met die een sersant die spesifieke nag. Hulle het ‘n huisbraak gehad om by te woon. By die man se huis het hulle om die tafel gaan sit. Hulle het skaars gesit toe die huis eienaar afhak en se: “Where do you come from?” Hy geen een harde klap op die tafel en se vir sy 6 jarige seuntjie om die doom te gaan haal.

Dit was nie lank nie toe skree die man,”What, not again.?” En slaan weer hard op die tafel. Die reservis vertel my dat hy druk besig was om die verklaring te neem en nie veel gesien het wat aangaan. Hy vertel my dat hy die verklaring net klaar geneem het. Hy wys die huiseienaar waar om te teken en die volgende oomblik sien hy hoe ‘n kakkelak uit die sersant se stukkende leer hardloop oor die tafel.

Toe ek dit hoor toe sit ek twee en twee bymekaar en besef toe dat die sersant elke keer gewerk het voor die ander skof aan diens gekom het. Seker sy troeterdiertjies?


Subscribe