Jacky's

The personal web log of Jacky Carstens

9:58:00 PM

ALFA 1 NA BEHEER

Posted by Unknown |

Vir elke jong polisieman is dit ‘n groot dag wanneer jy vir die eerste keer ‘n polisievoertuig kan ry. Jy skryf eksamens en passeer uit om magtiging te kry. En vir Gharries was dit ‘n groot oomblik.

Die oggend kom hy aan diens en is heel in sy skik oor sy magtiging. “Ek het magtiging gekry, ek het magtiging gekry.” Dit word vir almal gese en hy stoot sy bors uit met trots.

“Goed Gharries, jy kan vandag vir A1 ry en vat vir Sers. Van Niekerk saam met jou.” Se die bevelvoerder. Hy kon gou genoeg die sleutels kry nie. Hy boek vir A1 uit. ‘n F100 bakkie, soos julle weet sit hulle ratte by die stuurwiel.

Die voertuig staan reg by die ingang van Windhoek stasie. Voor die voertuig is geen voertuig geparkeer. Agter staan die groen Volla van die speurders.

“Alfa 1 na beheer” roep Gharries oor die lug. Beheer.,”Stuur, Alfa1.”

“O, G$% daar stamp ek hom.” Kliphard oor die lug.

Gharries het die voertuig agteruit gesit in plaas van eerste rat en klim behoorlik daar groen volla op.

Ek glo Gharries was die het die kortste tydperk gehad om magtiging te gehad het.

Jare daarna het ek die voorreg gehad om vir Gharries te ontmoet. Wat ‘n interressante karrakter.


Subscribe