Jacky's

The personal web log of Jacky Carstens

11:31:00 PM

MELK SERSANT

Posted by Unknown |

Sersant Victor van D.F. Malan het my hierdie storie vertel in 1991 op n nagskof. Sy pa was ook in polisie. Ek het altyd sy geselskap geniet en die nagte was altyd kort wanneer ek saam met hom gewerk het. Hy het altyd ‘n storie of twee gehad om te vertel. Sy vader het op ‘n klein dorpie in die karoo gewerk en die plasie sit ver van mekaar af. Jy ry kilometers net om by die klagte uit te kom. So kry Adjudant Victor en twee konstabels ‘n klagte by ‘n plaas in die verre vlaktes die nag. Die drie kom by die woning aan en die gawe tannie nooi die polisiemanne in vir ‘n koppie koffie. Hulle sit in die voorhuis(sitkamer). Die ou tannie is kombuis toe om die koffie te maak. Van waar Adjudant Victor gesit het, kon hy in die spieel gesien het hoe die tannie die koffie maak. Tot sy verbasing haal die tannie haar pram uit en vul die melkbekertjie met vars moedersmelk. “Adjudant wil u melk he?” “Nee, dankie mevrou.” “Konstabel, melk vir jou?” “Dankie tannie, dit sal lekker wees.” Na hulle die vrou se klagte aangehoor het, het hulle gegroet en was weer oppad terug dorp toe. Oppad het die Adjudant vir die twee konstabels vertel van die melk. Het hulle nie katte geskiet.


Subscribe