Jacky's

The personal web log of Jacky Carstens

8:44:00 PM

Mense

Posted by Unknown |

Ek was so lanklaas op die blog gewees het skoon van jou vergeet. Ek het besluit om sommer net uit die hart te praat oor hoe ek voel. Ons almal gaan deur slegte tye en goeie tye. En jy is maar met jou eie stryd besig. Rustyd, ha vergeet daarvan as jy moet geld maak en sorg dat alles gedoen word. Waar is daar 'n uur vir jouself. Ja nee en die mens is so verstrengel in sy eie dinge en lewe dat hy of sy nie kan wag om huis toe te kom, eet, bad, kyk tv. Sit kinders in die bed en dan kyk jou man jou ook nog met puppy oe aan. Al wat jy kan dink is . Los my ek is moeg. Soos die vrou gese het in die huisgenoot. Jy moet 'n tierkat in die bed wees. Daai outfit het ek al lankal weg gegooi. Die mens is so gejaag en het geen tyd om eers te luister na ander mense se klagtes. Alles self gesentreer. Ek het ook maar besluit ek onttrek van die mense en die smile wat ek moet opsit om vriendelik te wees. Nee het nou genoeg daarvan gehad. Ek leef net vir myself, my man en my kind. Die res van die mense het hulle eie lewe, hulle eie worries en hulle eie peof om uit te sort. Ek kap maar aan hier aan my kant van die lyndraad, doen my ding elke dag en bly gefokus op wat my doele is. Ek het nog 'n hele paar jaar om dinge te laat gebeur en my drome te vervul. So ek is hier vir een ding en een ding alleen. Om die beste te wees wat God my gemaak het voor. Ek is nou op die plek waar ek wil wees. Mense het my beskinner, beswadder en was jaloers. Maar nou ja. Gelukkig is God nog in beheer van my boot. Ek kan hom net dank vir al die ondervindinge en ervarings van my lewe, want vandag sien ek beter en weet ek waarheen ek oppad is. So al is jou bootjie nie op die troebel water nie. Moet nooit jou oog van die bal af haal nie. Byt vas. Die opofferings en teenkantings wat jy kry is alles die moeite werd. Deursettings vermoe en volharding gaan jou bring waar jy wil wees. Geen wedstryd in die lewe was nog ooit maklik nie. Jy moet oefen om die wenstreep te haal. Vra, vertrou en ontvang. Jesus Christus het elke keer voor Hy 'n wonderwerk gedoen het die Vader gedank vir die wonderwerk wat gaan plaasvind. So se nou dankie vir dit wat jy in die lewe wil he en glo dat jy dit reeds het. En weet jy wat dit sal na jou toe kom. Hou op om negatief te praat oor jouself en ander. Vergeet van hulle tonge en wat hulle aan jou doen. So What. Happy days are here again. Doen wat saak maak virjou en wat jou happy maak. Ander mense het hulle eie worries en leef in hulle eie glas kastele. Jy is fantasties, jy is goed in jou werk, jy is slim, jy is mooi, almal hou van jou. Se positiewe dinge oor jouself en glo dit. Wees lief vir jouself want God het jou gemaak na sy beeld. Hy sou nie 'n fout gemaak het om jou te skape nie. Jy is die beste wat daar is. So fokus en druk deur, jy kan bereik wat jy wil he. God wil vir ons net die beste gee elke dag en vir die res van ons lewe. Lekker daggie! J


Subscribe